Hoofstuk 2 - PowerPoint PPT Presentation

1 / 12
About This Presentation
Title:

Hoofstuk 2

Description:

Serway: Physics for Scientists and Engineers, Derde uitgawe, 1990. ... – PowerPoint PPT presentation

Number of Views:92
Avg rating:3.0/5.0
Slides: 13
Provided by: JMS66
Category:

less

Transcript and Presenter's Notes

Title: Hoofstuk 2


1
Hoofstuk 2 Fundamentele beginsels
  • W.s. spannings en fasorvoorstellings
  • Hersiening (2.10 2.11)
  • Elektromagnetisme
  • Magnetiese veldsterkte en vloeddigtheid (2.16
    2.18)
  • Faraday en Lorentz se wette (2.20 2.23)
  • Histerese lus en verliese (2.24 2.27)
  • Werwelstrome (2.28 2.30)
  • Addisionele bronne
  • Serway Physics for Scientists and Engineers,
    Derde uitgawe, 1990.

2
Elektromagnetisme Hersiening (2.16 2.18)
  • Die verwantskap tussen B en H vir magnetiese
    materiale
  • Let op die verskillende verwantskappe tussen B en
    H vir verskillende materiale
  • As voorbeeld kan Permalloy en Alnico V vergelyk
    word.
  • Watter materiale sal meer doeltreffend wees vir
    elektriese masjiene en permanente magnete
    onderskeidelik?
  • Let op die versadiging van die materiale en die
    uiteindelike asimptotiese strewe na die
    verwantskap vir nie-magnetiese materiale.
    Versadiging kan beskryf word aan die hand van
    domeine in die magnetiese materiale.

3
Lorentz se wet (2.22 2.23)
  • Lorentz se wet beskryf die resultante krag wat op
    n gelaaide partikel uitgeoefen word a.g.v. die
    elektriese en magnetiese veld waarin dit voorkom.
  • Let op dat die krag komponente a.g.v. die
    magnetiese vloed verkry word deur die kruisproduk
    tussen die spoed en die magnetiese vloed.
  • Die die rigting van die krag a.g.v. die
    magnetiese vloed kan bepaal word deur die gebruik
    van die regterhandreël.
  • Uit n elektriese masjiene oogpunt is die krag
    wat op die gelaaide partikel uitgeoefen word
    a.g.v. van die magnetiese vloed belangrik.

4
Lorentz se wet (2.22 2.23)
  • Hoe kyk ons uit n elektriese masjien oogpunt
    daarna?
  • Die krag wat op n stroomdraende geleier
    uitgeoefen word in die teenwoordigheid van
    magnetiese vloed kan bepaal word m.b.v. Lorentz
    se wet
  • Let daarop dat die stroomkomponent wat loodreg
    met die vloed is aanleiding gee tot n krag F en
    dat die krag nul is wanneer die stroom reglynig
    vloei met die vloed.

5
Lorentz se wet (2.22 2.23)
  • Die magnetiese vloedlyne van die eerste
    opstelling op die vorige skyfie a.g.v. die vloed
    van die permanente magnete en die stroom wat in
    die geleier vloei gee ook n goeie indruk van die
    rigting van die krag.

6
Faraday se wet (2.20)
  • Wanneer vloed n lus omsluit en die vloed
    verander as n funksie van tyd, dan word n
    spanning geïnduseer tussen die terminale van die
    lus. Hierdie spanning is proporsioneel aan die
    tempo van verandering van die vloed
  • Die N simbool in die vergelyking verteenwoordig
    die hoeveelheid windinge van die lus en die
    negatiewe teken kom van Lenz se wet.
  • Let verder daarop dat slegs die vloedkomponent
    wat loodreg met die lus so oppervlakte koppel
    verantwoordelik is vir die geïnduseerde spanning.

7
Spanning in n geleier geïnduseer (2.21)
  • Die geïnduseerde spanning tussen die twee punte
    van n geleier wat beweeg deur n magnetiese veld
    kan word verduidelik m.b.v. Lorentz se wet
  • Hierdie spanning staan ook bekend as die
    elektromotoriese krag (e.m.k.)
  • Volgens Wildi word die vergelyking afgelei vanaf
    Faraday se wet. Dit is egter nie so maklik om te
    visualiseer soos wanneer Lorentz se wet gebruik
    word nie.

8
Remanente vloeddigtheid en dwingkrag (2.24)
  • Remanente vloeddigtheid (Bm) Dit is die
    vloeddigtheid wat agter bly nadat die magnetiese
    kern versadig is en die stroom weer na nul toe
    geneem word.
  • Dwingkrag (Hc) Dit is die grote van die
    magnetiese veldsterkte wat die vloeddigtheid van
    die kern weer terug dwing na nul toe.

9
Histerese lus en verliese (2.25 2.27)
  • n Simmetriese histerese lus word gevorm deur n
    w.s. stroom aan te laat vloei deur die spoel van
    die opstelling op die vorige skyfie.
  • Ons kan toon dat die verlies per siklus (J/m3)
    gelyk is aan die area van die histerese lus
    (T.A/m).
  • Let op die ontstaan van n histerese lus a.g.v.
    die rotasie van n kern in n konstante
    magnetiese veld.

10
Werwelstrome
  • Werwelstrome word geïnduseer a.g.v. veranderende
    vloed wat in n kern teenwoordig is (die kern
    moet natuurlik materiaal bevat wat geleidend is).
  • Die verskynsel van werwerlstrome nie soliede
    kerne kan aan die hand van n veelheid van
    parallelle bane verduidelik word.

11
Werwelstrome in n stasionêre yster kern
  • Werwelstroomverliese kan beperk word deur
    gelamineerde kerne te gebruik.
  • Die geïnduseerde spanning vir elke laminasie word
    verminder, wat weer die energieverlies verlaag.
  • Onthou dat die energieverlies eweredig is aan die
    kwadraat van die spanning.

12
Werwelstrome in n roterende ysterkern
  • Die e.m.k. wat ontstaan a.g.v. die rotasie van
    die rotor in die stasionêre veld veroorsaak
    werwelstrome wat weer verliese beteken. Hierdie
    werwelstrome kan weereens beperk word deur
    laminasies soos hieronder aangetoon.
Write a Comment
User Comments (0)
About PowerShow.com