Reaksies van diere op die omgewing - PowerPoint PPT Presentation

1 / 41
About This Presentation
Title:

Reaksies van diere op die omgewing

Description:

J Gerber and J Goliath * VRAAG 1 Tommy het sy vinger oor n brandende kers gehou. In sowat 0,2 sekondes het hy sy vinger weggeruk. – PowerPoint PPT presentation

Number of Views:539
Avg rating:3.0/5.0
Slides: 42
Provided by: MnrJanni
Category:
Tags: die | diere | kers | omgewing | reaksies | van

less

Transcript and Presenter's Notes

Title: Reaksies van diere op die omgewing


1
Reaksies van diere op die omgewing
LEWENSWETENSKAPPE2011
2
Menslike senustelsel
  • Hormone en senuwees stel diere in staat om te
  • Reageer op interne en eksterne veranderinge.
  • Koördineer die verskeie aktiwiteite van die
    liggaam.
  • Waarnemings van die reaksie van sommige
    invertebrate bv. Houtluis op lig en humiditeit.

3
Menslike senustelsel
  • Die noodsaaklikheid van n senustelsel by mense
    in terme van
  • Reaksie op stimuli (ekstern en intern)
  • Koördinasie van die verskeie aktiwiteite in die
    liggaam.

4
Sentrale senustelsel(SSS)
  • Ligging en funksies van
  • Serebrum
  • Hipotalamus
  • Serebellum
  • Medulla oblongata
  • Rugmurg
  • Model van die menslike brein
  • Neem waar en teken die eksterne struktuur van die
    brein

5
Uitwerking van sekere dwelms op die sentrale
senustelsel
  • Dagga
  • Heroïen
  • Ecstacy
  • Tik

6
Menslike senustelsel
  • Periferale senustelsel
  • Ligging en funksies
  • Outonome senustelsel
  • Ligging en funksies

7
Afwykings van die SSS
  • Oorsake, simptome en behandeling van EEN van die
    volgende siektes/afwykings
  • Alzheimers se siekte OF
  • Aandaggebreksindroom OF
  • Depressie

8
Struktuur en funksionering van n senuwee
  • Algemene struktuur van n neuron insluitend
    selkern, selliggaam, sitoplasma, miëlienskede,
    akson en dendriete.
  • Diagramme met byskrifte om die drie tipes neurone
    d.m.v. mikroskoopskyfies/mikrograwe te
    illustreer.
  • Struktuur en funksies van die drie soorte
    neurone.
  • Die senuwee is saamgestel uit senuvesels
    bymekaargehou deur bindweefsel.
  • Oordrag van senu-impuls langs neurone en oor
    sinapse m.b.v. neurotransmittors (geen
    besonderhede van elektriese ladings benodig nie).

9
Eenvoudige refleksboog
  • Verskil tussen n refleksaksie en n refleksboog.
  • Waarneming deur mikroskoopskyfies en teken n
    diagram met byskrifte van n deursnee deur die
    rugmurg.
  • Struktuur van n eenvoudige refleksboog
    (reseptor, sensoriese neuron, dorsale wortel van
    spinale senuwee, rugmurg, interneuron, motoriese
    neuron, ventrale wortel van spinale senuwee,
    effektor)
  • Funksionering van n eenvoudige refleksboog
    m.b.v. n voorbeeld.
  • Belangrikheid van n refleksboog.

10
Reaksie van sekere invertebrate op lig en
humiditeit
  • Reseptore op die vel van houtluise is sensitief
    op lig en humiditeit.
  • Houtluise beweeg weg van lig en droë omgewings.

11
Koördinering in die menslike liggaam
  • Die stelsels hieronder werk saam om te reageer op
    eksterne en interne vernaderinge
  • Senuweestelsel
  • Endokriene stelsel (hormone)

12
Sentrale senustelsel
13
SSS - Serebrum
  • Ligging
  • Grootste deel van die brein en geleë in die
    skedel.
  • Funksies
  • Setel van alle willekeurige handelinge.
  • Bevat areas wat senu-impulse ontvang en
    interpreteer vanaf die sintuigorgane vir die
    sensasie van smaak, gehoor, visie en tas.
  • Sentrum van hoër verstandelike funksies bv.
    Geheue, intelligensie, emosies ens.

14
SSS - Hipotalamus
  • Ligging
  • Geleë onder die talamus.
  • Funksies
  • Refleks beheersentrum van meganismes soos
    temperatuur, bloeddruk, slaap en emosies.
  • Produseer sekere hormone bv. ADH wat help met
    handhawing van balans.
  • Handhawing van homeostase.

15
SSS - Serebellum
  • Ligging
  • Agter en onderkant van serebrum
  • Funksies
  • Beheer koördinasie van willekeurige bewegings.
  • Bevat sentrums wat balans en ewewig beheer.

16
SNS Medulla oblongata
  • Ligging
  • Onderste gedeelte van breinstam en is n
    voortsetting van die rugmurg.
  • Funksies
  • Gelei impulse na en van die brein.
  • Beheer outonome funksies bv. Asemhaling,
    hartklop, verwyding en vernouing van bloedvate.

17
SSS rugmurg
  • Ligging
  • Strek vanaf die medulla oblongata deur die
    werwelkolom tot by die lendestreek.
  • Funksies
  • Veskaf geleidingsbane vir impulse na en vanaf die
    brein.
  • Bevat reflekssentrums wat refleksaksies aan die
    gang sit.

18
Uitwerking van sekere dwelms op die SSS
  • Dagga
  • Chemiese bestanddeel in dagga vebind met
    spesifieke reseptore (geheue, konsentrasie,
    beweging) in die brein en belemmer die normale
    funksionering van hierdie reseptore.

19
Uitwerking van sekere dwelms op die SSS
  • Heroin
  • Het n onderdrukkende effek op die SSS en
    asemhaling stadiger plaasvind en onderdruk ook
    pyn.
  • Onderdruk die aktiwiteit van die medulla
    oblongata.

20
Uitwerking van sekere dwelms op die SSS
  • Ecstacy
  • Veroorsaak n oormatige vrystelling van n sekere
    neurotransmittor wat neurone in die brein
    oorstimuleer wat uiteindelik die beskadiging van
    eindvertakkings van die aksone teweegbring.
  • Negatiewe effek op die emosies, geheue en vermoë
    om te leer.

21
Uitwerking van sekere dwelms op die SSS
  • Tik
  • Het n sterk stimulerende effek op die SSS bv.
    versnelde asemhaling en hartklop..
  • Veroorsaak n oormatige vrystelling van n sekere
    neurotransmittor wat neurone in die brein
    oorstimuleer en neurone beskadig.

22
Perifere senustelsel
  • Ligging
  • Sluit senuweeweefsel in wat buite die Nervous
    SSS geleë is. Onderverdeel in die somatiese en
    outonome senuweestelsels. Bestaan uit 12 paar
    kopsenuwees en 31 paar rugmurgsenuwees.
  • Funksies
  • Gelei senuwee-impulse vanaf die reseptore na die
    SSS, langs sensoriese neurone.
  • Gelei senuwee- impulse vanaf die SSS na die
    effektore, langs die motoriese neurone.

23
Outonome senuweestelsel
  • Ligging
  • Bestaan uit senuwees wat met SSS verbind is.
  • Onderverdeel in die volgende afdelings d.i.
    simpatiese en parasimpaties
  • Funksies
  • Beheer alle onwillekeurige handelinge.
  • Gelei senuwee-impulse vanaf die SSS na die
    effektore bv. spiere en kliere.
  • Simpatiese afdeling berei die liggaam voor vir n
    noodtoestand.
  • Parasimpatiese afdeling laat die liggaam
    terugkeer na normaal na stimulering deur die
    simpatiese afdeling - antagonisties.

24
Algemene struktuur van n neuron
  • Dieselfde basiese bou as enige ander sel.
  • Selliggaam bestaan uit sitoplasma en n selkern.
  • Sitoplasma bevat Nissl korrels wat ryk is aan
    RNA en is by proteïenesintese betrokke.
  • Twee tipes uitlopers dendriete and aksons.
  • Dendriete gelei senuwee-impulse na die selliggaam
  • Aksone gelei senuwee-impulse weg van die
    selligaa.
  • Aksone word omring deur n miëlienskede vir
    beskerming.

25
Algemene struktuur van n neuron
26
Verskillende tipes neurone- struktruur
  • Neurone word geklassifiseer op grond van die
    aantal uitlopers wat uit die selliggaam
    ontspring.
  • Struktuur van verskillende tipes neurone
  • Monopolêre neurone een uitloper wat in twee
    vertak nl. een dendriet en een akson.
  • Bipolêre neurone twee uitlopers nl. n dendriet
    en n akson.
  • Multipolêre neurone baie uitlopers nl n aantal
    dendriete en een akson.

27
Funksies van neurone
  • Neurone word op grond van hul funksie as volg
    geklassifiseer
  • Sensoriese of afferente neuron gelei impulse
    vanaf die reseptore na die SSS en is meestal
    monopolêr.
  • Motoriese of efferent neuron gelei impulse
    vanaf die SSS na die effektore en is multipolêr.
  • Interneuron of verbindingsneuron verbind
    sensoriese en motoriese neurone in die SSS en is
    multipolêr.

28
Struktuur van n senuwee
  • Neurone word saam gegroepeer in die menslike
    liggaam.
  • Klein bondels aksone word senu-vesels genoem.
  • Senu-vesels word saamgebind deur bindweefsel.
  • Senu-vesels en bindweefsel vorm saam senuweefsel.

29
Struktuur van n senuwee
30
Oordrag van senu-impulse
  • Neurone sluit by mekaar aan om n aaneenlopende
    geleidingstelsel reg deur die liggaam.
  • Die akson van een neuron sluit by die dendriete
    van die volgende neuron aan.
  • Opeenvolgende neurone is nie met mekaar verbind
    nie, maar word geskei deur n klein gaping.
  • n Fisiese (funksionele) verbinding ontstaan,
    bekend as n sinaps.
  • Die gaping word die sinaptiese spleet genoem.

31
Oordrag van senu-impulse
  • n Reseptor word gestimuleer deur n verandering
    in die omgewing en die stimulus word omgeskakel
    in n impuls.
  • Dendriete van n sensoriese neuron gelei
    senu-impulse na die selliggaa.
  • Senu-impulse word gelei vanaf die selliggaam
    langs n enkele akson tot by die sinaptiese
    knoppies van die eindvertakkings.
  • Eindvertakkings raak nie aan die dendriete van
    die neurone in die rugmurg nie a.g.v. n gaping
    die sinaptiese spleet.
  • Die sinaptiese knoppies van die aksone bevat
    neurotransmittors wat in die sinaptiese spleet
    vrygestel word wanneer die einvertakkings van die
    aksone gestimuleer word deur n senu-impuls.
  • Neurotransmittors speel dus n rol in die oordrag
    van senu-impulse.

32
Oordrag van senu-impulse oor n snaps m.b.v.
neurotransmittors
33
Eenvoudige refleksboog
  • Refleksaksie n vinnige, outomatiese
    beweging/handeling deur n effektor in reaksie op
    n stimulus wat deur n reseptor ontvang is.
  • Refleksboog pad of baan waarlangs senu-impulse
    gelei word vanaf n reseptor na n effektor om n
    refleksaksie teweeg te bring.

34
Struktuur van n refleksboog
  • Reseptor neem n stimulus waar en skakel dit om
    in n impuls.
  • Sensoriese neuron gelei die senu-impuls na die
    grysstof van die rugmurg.
  • Inter-neuron dien as n reflekssentrum in die
    grysstof van die rugmurg en dra die impuls oor
    vanaf die sensoriese neuron na die motoriese
    neuron.
  • Motoriese neuron gelei die senu-impuls vanaf
    die rugmurg na die effektor.
  • Effektor reageer op die oorspronklike stimulus.

35
Struktuur van n refleksboog
36
Werking van die refleksboog bv. iemand wat n
warm plaat aanraak
  • Hitte stimulus word deur n reseptor waargeneem
    en omgeskakel in n senu-impuls.
  • Senu-impuls word langs n sensoriese neuron deur
    die dorsale wortel na die rugmurg gelei.
  • Sensoriese senuwee gelei die impuls na die
    inter-neuron in grysstof van rugmurg.
  • Neuron is in sinaptiese kontak met die motoriese
    neuron.
  • Akson van die motoriese neuron gelei die impuls
    deur die ventrale wortel na die effektor.

37
Belangrikheid van n refleksboog
  • Refleksaksies beskerm die liggaam teen gevaarlike
    situasies vanaf die eksterne omgewing.

38
Aktiwiteit
  • Instruksies
  • Verduidelik aktiwiteit aangaande refleksboog
  • Na10 minutes gee elke paar/groep/individu
    terugvoering.

39
Aktiwiteit
  • VRAAG 1
  • Tommy het sy vinger oor n brandende kers gehou.
    In sowat 0,2 sekondes het hy sy vinger weggeruk.
  • 1.1 Watter tipe handeling isTommy se reaksie?
  • 1.2 Verduidelik jou antwoord op VRAAG 1.1

40
Aktiwiteit
  • VRAAG 1.3
  • Diagram 1 hieronder toon n dwarssnit deur Tommy
    se rugmurg. Diagram 2 toon Tommy se vinger oor
    die brandende kersvlam en n spier in sy arm.
    Teken die ontbrekende dele/strukture en dui ook
    die pad/baan aan (met verskillende kleure indien
    moontlik) wat die impuls sal volg gedurende die
    handeling wat in VRAAG 1.1 genoem is.

41
Antwoorde
  • 1.1 Refleks
  • 1.2 Reaksie was vinnig/onmiddelik, sonder om te
    dink/outonomies
  • 1.3
Write a Comment
User Comments (0)
About PowerShow.com