INLEIDING MET OOG OP RUIMTE VIR gesprek - PowerPoint PPT Presentation

1 / 22
About This Presentation
Title:

INLEIDING MET OOG OP RUIMTE VIR gesprek

Description:

Voorgestelde wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde INLEIDING MET OOG OP RUIMTE VIR GESPREK Hoekom is ons vandag hier? 1 Wat is op ons tafel? 2 Waarom moet ons stem ... – PowerPoint PPT presentation

Number of Views:85
Avg rating:3.0/5.0
Slides: 23
Provided by: Lour94
Category:
Tags: inleiding | met | oog | ruimte | vir | gesprek

less

Transcript and Presenter's Notes

Title: INLEIDING MET OOG OP RUIMTE VIR gesprek


1
INLEIDING MET OOGOP RUIMTE VIR gesprek
  • Voorgestelde wysiging van Artikel 1 van die
    Kerkorde

2
Hoekom is ons vandag hier?
  • 1 Wat is op ons tafel?
  • 2 Waarom moet ons stem?
  • 3 Tyd vir Egte Luister

3
1 Wat is op die tafel?
  • Voorgestelde wysiging van Artikel 1 van die
    Kerkorde

4
1 Wat is op die tafel?
  • Die belydenisgrondslag van die kerk
  • n Nuwe artikel 1 van die Kerkorde

5
Wat is die funksie van belydenisskrifte?
  • Belydenisskrifte gaan oor wesenlike en aktuele
    sake van ons geloof.
  • Dit lewer n noodsaaklike getuienis teenoor
    dwaling of teenoor die wêreld.
  • Dit is n simboliese uitdrukking van ons
    identiteit as kerk en gee vastigheid.

6
Wat is die funksie van belydenisskrifte?
  • Dit verteenwoordig n breë konsensus van hoe ons
    die Bybel verstaan.
  • Belydenisskrifte kom altyd tot stand binne n
    bepaalde konteks.
  • Dit poog om n tydlose formulering van Bybelse
    waarhede te gee.

7
Kerkorde Huidige Artikel 1
  • Die Nederduitse Gereformeerde Kerk staan gegrond
    op die Bybel as die heilige en onfeilbare Woord
    van God. Die leer wat die Kerk in ooreenstemming
    met die Woord van God bely, staan uitgedruk in
    die Formuliere van Eenheid soos vasgestel op die
    Sinode van Dordrecht in 1618-1619, naamlik die
    sewe en dertig artikels van die Nederlandse
    Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en
    die vyf Dordtse Leerreëls.

8
Kerkorde Nuwe Artikel 1
  • 1 Die Nederduitse Gereformeerde Kerk is gegrond
    op die Bybel as die heilige en onfeilbare Woord
    van God.
  • 2.1 Die leer wat die Kerk in ooreenstemming met
    die Woord van God bely, word verwoord in die
    ekumeniese belydenisse, naamlik die Apostoliese
    Geloofsbelydenis, die Geloofsbelydenis van Nicea
    en die Geloofsbelydenis van Athanasius en die
    Drie Formuliere van Eenheid, naamlik die
    Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse
    Kategismus en die Dordtse Leerreëls.

9
KO Nuwe artikel 1 vervolg
  • 2.2 Die Belydenis van Belhar is deel van die
    belydenisgrondslag van die Kerk, op so ? wyse dat
    daar ruimte is vir lidmate, ampsdraers en
    vergaderinge wat dit as in ooreenstemming met die
    Woord van God bely, sowel as vir lidmate,
    ampsdraers en vergaderinge wat dit nie as ?
    belydenisskrif onderskryf nie.

10
KO Nuwe artikel 1 vervolg
  • 3 Die Kerk aanvaar dat haar roeping om haar
    geloof te bely, altyd geld en
  • dat ? uitbreiding van haar belydenisgrondslag
    sonder dwang geskied.

11
2 Waarom moet ons stem?
  • Voorgestelde wysiging van Artikel 1 van die
    Kerkorde

12
Waarom moet ons stem?
  • Elke gemeente is deel van n groter
    geloofsfamilie (ring, sinode, algemene sinode).
  • Ons werk met familiereëls (die Kerkorde)
  • Die Kerkorde word deur die Alg Sin opgestel.
  • Die wysiging van Artikel 1 is verskans
    gemeentes en streeksinodes moet ook Ja sê.
    (Artikel 44 Reglement 24)

13
Algemene Sinode 2011
Waarom moet ons stem?
  • Die Algemene Sinode besluit om die Belydenis van
    Belhar op kerkordelike wyse deel van die NG kerk
    se belydenisgrondslag te maak en dra dit aan die
    Moderamen op om die nodige kerkordelike prosesse
    hiervoor in werking te stel.

14
Algemene Sinode 2013
Waarom moet ons stem?
  • Kerkordelike wyse
  • Artikel 1 Belydenisgrondslag van kerk
  • Artikel 44 Proses van Belydeniswysiging 2/3
  • Reglement 24 Uitvoering van die stemproses

15
TYD VIR EGTE LUISTER
  • Voorgestelde wysiging van Artikel 1 van die
    Kerkorde

16
NEE
JA
17
  • n Belydenisskrif kan nie opsioneel wees nie
  • Verswak verbintenis aan belydenisskrifte
  • Eenrigting druk, vir nog belydenisse
  • Teologiese probleme (bv bevrydingsteol)
  • Skep meer verdeeldheid as eenheid
  • Mense word ge-etikeer opv hulle stem
  • Belhar is VGK se geweer teen kop
  • Oneerlikheid Oor Artikel 1, nie Belhar
  • Besluit maak Belhar minderwaardig
  • Ontstaanskonteks en dr Boesak se rol

NEE
18
  • Artikel 1 was konsensus voorstel van AS
  • Skep ruimte na beide kante nie dwang
  • AS Belhar stem ooreen met Bybel BS
  • Artikel 1 wil juis skeuring voorkom
  • Hoofsaaklik geskryf deur prof Dirkie Smit
  • Dit maak die deur oop vir kerkeenheid
  • Belhar help óns juis vandag in ons konteks
  • Eenheid, Geregtigheid en Versoening NB
  • Verskeie Geref kerke het dit al aanvaar
  • Missionale Koninkryksroeping

JA
19
Deernis Vertroue Openheid Leerbaarheid
JA
NEE
20
UITKOMS VAN GESPREK
JA
NEE
21
Algemene Sinode 2013
  • Die Algemene Sinode doen ? beroep op lidmate en
    vergaderinge om hierdie proses van besluitneming
    in ? gees van gebed, onderskeiding van die wil
    van God, en in wedersydse respek en liefde te
    onderneem.

22
TYD VIR RUIM HUIS GESPREK
  • Voorgestelde wysiging van
  • Artikel 1 van die Kerkorde
Write a Comment
User Comments (0)
About PowerShow.com