Lied 151: 1 - PowerPoint PPT Presentation

1 / 147
About This Presentation
Title:

Lied 151: 1

Description:

Skenk ons, Here, u beskerming en ontferming. Sien in liefde op ons neer. Se n ons as ons hier vergader, tot U nader. Laat ons saam wees tot u eer. – PowerPoint PPT presentation

Number of Views:479
Avg rating:3.0/5.0
Slides: 148
Provided by: DrJohan7
Category:
Tags: health | lied | mens

less

Transcript and Presenter's Notes

Title: Lied 151: 1


1
Lied 151 1
Skenk ons, Here,
u beskerming en ontferming. Sien in liefde
op ons neer. Seën ons as ons hier
vergader, tot U nader. Laat ons saam
wees tot u eer.
2
Lied 1512 Bring ons, Here, tot bekering deur u
lering, gee ons insig deur u Gees. Maak ons harte
oop, o Vader, trek ons nader. Laat u Woord ons
lewe wees.
3
Lied 152 1
Verhoogde Heiland, bind ons
saam waar in u Naam ons hier vergader. Leer ons,
geheilig deur u Gees, ootmoedig wees waar ons U
nader.
4
Lied 1521 (vervolg) Ons glo u Woord en bring U
eer maak ons al meer Uself deelagtig. Dan bly
ons steeds, deur U verlig, op U gerig, u dood
gedagtig.
5
Lied 153 1
O Jesus, kom tog nader en gee aan ons u
seën. Ons is hier saam vergader en almal in U één.
6
Lied 1532 Verlig ons deur u lering, ons vind
dit in u Woord. Ons volg U deur bekering - ons
wat aan U behoort.
7
Lied 1533 U is ons vriend en koning, in eerbied
buig ons neer. En kom ons in u woning sal ons U
ewig eer.
8
Lied 154 1
Kom nou tesaam, laat ons
vergader, één as sy Kerk, één in sy Naam in
Christus Naam kom ons hier nader - kom ons as sy
gemeente saam.
9
Lied 1541 (vervolg) Hy gee sy Gees, só laat Hy
dit wees Hy seën wat ons bou en bind ons deur sy
trou.
10
Lied 1542 Hier is die Heer by ons
teenwoordig, Hy skep die ruimte vir sy werk. Is
Hy dan self só hier teenwoordig, word ons verenig
in sy Kerk. Hy staan ons by en maak ons ook
vry om ware mens te wees - geheilig deur sy Gees.
11
Lied 1543 Sing vir die Heer jul lofgesange, laat
ons met helder stem Hom loof. Laat klink sy lof,
sing onbevange en laat geen muur die klanke
doof. Kom sing met vuur, laat lofsange duur, vul
alles hier met klank Laat ons die Here dank.
12
Lied 155 1
Verhef ons harte tot U, Heer, en laat u liefde
ons regeer. Wil deur u Gees steeds by ons bly en
ons in alle waarheid lei.
13
Lied 1552 Raak U ons aan om U te loof, versterk
ons liefde en geloof, skenk ons meer vreugde in u
wet en meer volharding in gebed.
14
Lied 1553 Gee dat, gehoorsaam en getrou, ons
altyd op u Woord sal bou. O heilige
Drie-enigheid, aan U die lof in ewigheid!
15
Lied 156 1
Loof, loof die Here!
Bring Hom dank en ere, o
Christenskare, rondom sy altare. Hy is ons God
die Ewige, die Ware!  Loof, loof die Here!
16
Lied 1562 U is die Here, U is onse Vader. In
Jesus Naam is ons nou hier vergader. Één deur u
Gees, kom ons vrymoedig nader.  Loof, loof die
Here!
17
Lied 1563 Hoor ons gebede, dat ons in u
vrede op al ons weë elke dag kan wandel en
altyddeur na u gebooie handel.  Loof, loof die
Here!
18
Lied 1564 God van weldade, Skenker van
genade, U, hoog verhewe, U bestraal ons lewe ons
is gedurig deur u guns omgewe.  Loof, loof die
Here!
19
Lied 157 1
Here Jesus, ons is
saam, op u roepstem hier
vergader saam verenig in u Naam
kan ons tot die Vader nader. Hoor
die dank- en smeekgebede, Heer, van u
gemeentelede.
20
Lied 1572 Maak ons harte deur u Gees vir die
heil'ge woord ontvanklik. Laat ons daagliks
onbevrees op u heil bou, diep afhanklik. Heer,
laat ons geloofsvertroue eenmaal oorgaan in
aanskoue.
21
Lied 158 1
Bring my na
u woning, Here, laat my
daar voor U verskyn waar ek lofsing U ter
ere, waar u guns oor my kan skyn. Laat my
in u glansend lig neerbuig voor u aangesig.
22
Lied 1582 Lam van God, U bring 'n offer, met u
bloed maak U my vry dat ek dank aan U kan
uiter, my alleen aan U kan wy. Sien my as u
priester aan as ek, Here, voor U staan.
23
Lied 1583 Here, heilig U my denke, laat u woorde
my steeds dring dat ek met my blye klanke singend
aan U hulde bring. Sang en lied is my geskenk as
ek, Here, U gedenk.
24
Lied 159 1
God is hier teenwoordig laat ons biddend
nader, hier waar ons voor Hom vergader. God is
hier teenwoordig.
25
Lied 1591 (vervolg) Heilig is die Here buig in
stilte, Hom ter ere! Wie Hom roem, wie Hom
noem Heer en Hemelvader, kom nou almal nader!
26
Lied 1592 God is hier teenwoordig. Here, gee ons
vrede, wees genadig, wil vergewe. Ons is swak en
sondig, maar ons lied verkondig U's die bron van
alle lewe. U is Heer, U regeer. Lei ons al ons
dae na u welbehae.
27
Lied 1593 God is in sy tempel hemelpoorte
bewe, almal buig voor Hom wat lewe! Engele sing
Heilig, heilig is die Here, in die allerhoogste
sfere! Uit die stof klink ons lof Here, God van
vrede, hoor ook ons gebede.
28
Lied 160
(I) Inkoms en uitgang, (II) aanvang en
einde, (III) soos U bepaal, Heer - (IV) wees nou
hier teenwoordig.
29
Lied 161 1
Halleluja! Heer, U is ons lewe,
middelpunt van ál ons hoop. U's die doelwit
van ons hoogste strewe, Leidsman van ons
lewensloop.
30
Lied 1611 (vervolg) Heer, U is ons Skepper,
God, almagtig ons Verlosser, Bystand, so
barmhartig. U wat is, en was, sal wees - Vader,
Seun en Heil'ge Gees!
31
Lied 162 1
1. Voorsanger U self het
ons geroep, Heer, en daarom kom ons
saam. Gemeente U self het ons geroep, Heer, en
daarom kom ons saam.
32
Lied 1621 (vervolg) VoorsangerVerenig as u
liggaam, loof ons u Naam. Gemeente Verenig as
u liggaam, loof ons u Naam.
33
Lied 1622 (Rig U tog ons gedagtes en lei ons
deur u Gees.) Rig U tog ons gedagtes en lei ons
deur u Gees. (Laat ons verseker weet, Heer, U sal
hier wees.) Laat ons verseker weet, Heer, U sal
hier wees.
34
Lied 1623 (Kom open so ons harte en spreek tot
elke oor.) Kom open so ons harte en spreek tot
elke oor. (Laat ons van al u dade, u liefde,
hoor.) Laat ons van al u dade, u liefde, hoor.
35
Lied 163
Soos 'n wildsbok wat smag na water, smag my siel
na U, o Heer. U alleen is my hartsverlange en ek
bring aan U die eer.
36
Lied 163 (vervolg) U alleen is my bron van
krag in U teenwoordigheid wil ek nou wag. U
alleen is my hartsverlange en ek bring aan U die
eer.
37
Lied 164 1
Ons is almal hier tesaam,
vergader in sy Naam,
verheerlik Hom. Tot die dood was Hy
getrou en daardeur is ons nou sy eiendom.
38
Lied 1641 (vervolg) Kom ons leef soos wat Hy
vra en leer om te verdra en liefde na te
streef. Loof Hom, Christus, die Heer.
39
Lied 1642 Ons is almal hier tesaam, verenig in
sy Naam, verheerlik Hom. Met ons hart en mond en
hand, ons kragte en verstand kom loof ons Hom.
40
Lied 1642 (vervolg) Hou ons lewend deur u
Gees, laat ons u kinders wees en U bo alles
eer. Jesus Christus, die Heer.
41
Lied 165 1
O wat 'n vreugde in ons
harte, om na u kerk, o Heer, te gaan, want hier
kom almal wat u volk is, in u teenwoordigheid
tesaam. Ons sing u lof, o Koning, Heer!
Ons buig in eerbied voor U neer.
42
Lied 1652 Dit is 'n opdrag van U, Here, dat
almal hier u Naam moet prys. Net deur u Woord en
Gees, o Here, word ons die regte pad gewys. Ons
sing u lof, o Koning, Heer! Ons buig in eerbied
voor U neer.
43
Lied 166 1
Kom, Heil'ge Gees, wees U
self teenwoordig hier by ons ons is hier saam in
Jesus Naam. Kom (Kom van die Vader!)
44
Lied 1662 Kom, Heil'ge Gees, wees U
self teenwoordig hier by ons ons is hier saam in
Jesus Naam. Kom (Kom, Gees van Christus!)
45
Lied 1663 Kom, Heil'ge Gees, wees U
self teenwoordig hier by ons ons is hier saam in
Jesus Naam. Kom (Kom in ons harte, kom!)
46
Lied 167 1
Jesus, bron van al my vreugde Jesus, lig van my
geloof, U is vol genade, waarheid U, my Heiland,
Heer en Hoof.
47
Lied 1671 (vervolg) Ja, ek is u eiendom U, die
Seun, U het gekom. As gestuurde van die Vader is
U self die weg na Hom.
48
Lied 1672 Jesus, bron van alle lewe, Jesus, U
wat lof verdien U, die bron van alle waarheid, U
laat my die Vader sien. Ek is by die Vader
tuis waar my hart vol vreugde ruis. U wat één is
met die Vader het die weg na Hom kom wys.
49
Lied 168 1
Heilige Jesus, Heer van die here, U is verhoog
tot die hemeltroon. Ons bring U ere, Christus,
die Here! Met heerlikheid is U gekroon.
50
Lied 1682 Mooi is die aarde,dit het groot
waarde, maar is gering voor u grootheid, Heer. U
is ons lewe, U is ons vrede. U Gees moet ons hier
lei en leer.
51
Lied 1683 U is die Alfa, en die Omega. U kom en
elkeen sal U kan sien. U is die Eerste. U is die
Laaste. Die ganse skepping sal U dien.
52
Lied 169 1
U is die Alfa, en die Omega. U kom en elkeen sal
U kan sien. U is die Eerste. U is die Laaste. Die
ganse skepping sal U dien.
53
Lied 1691 (vervolg) Heilig, heilig,
heilig, liefderyk, genadig u troon is steeds met
lig en lof omring!
54
Lied 1692 Heilig, heilig, heilig, Heerser vir
ewig groot is u Naam U die Vader, Seun en
Gees. Grote God, ons eer U, met u hele
skepping. U wat in liefde God regverdig is.
55
Lied 1693 Heilig, heilig, heilig, Heer, so
weldadig, groot is u guns, want U buig U tot ons
neer! Heilig, heilig, heilig, magtig en
genadig. U wás en ís en sál vir ewig wees.
56
1691
Holy, holy, holy! Lord God Almighty! Early in
the morning our song shall rise to thee
57
169b1 (cont.) Holy, holy, holy! Merciful and
mighty, God in three persons, blessed Trinity!
58
169b2 Holy, holy, holy! All the saints adore
thee, casting down their golden crowns around the
glassy sea cherubim and seraphim falling down
before thee. Who wer't and ar't and ever more
shalt be.
59
169b3 Holy, holy, holy! Though the darkness
hide thee, though the eye made blind by sin
thy glory may not see, only thou art holy, there
is none beside thee, perfect in power, in love,
and purity.
60
169b4 Holy, holy, holy! Lord God Almighty! All
thy works shall praise thy name, in earth and sky
and sea Holy, holy, holy! merciful and
mighty, God in tree persons, blessed Trinity!
61
Lied 170 1
Heilig, heilig, heilig, my hart, o Heer, aanbid
U. My hart is bly en roep dit uit U is heilig,
Heer.
62
Lied 171 1
Heilig, heilig, heilig, heilig is die
Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer.
63
Lied 1711 (vervolg) Here, hoor my bede, hoor my
as ek sing, en aan U, my Vader, al my hulde bring.
64
Lied 1712 Heilig, heilig, heilig, heilig is die
Heer. Wie kan Hom op aarde ooit na waarde
eer? Nogtans sal ek jubel, sing ek weer en
weer Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer!
65
Lied 172 1
Heilig, heilig, heilig, God almagtige
Heer. Heilig, heilig, heilig, God almagtig Heer.
66
Lied 1721 (vervolg) Die aarde getuig van u
heerlikheid. Die aarde getuig van u
heerlikheid. Die aarde getuig van u
heerlikheid. U is heilig, Heer.
67
Lied 173 1
(I) Heilig, heilig, heilig,
(II) heilig, heilig, heilig. (III)
Hosanna, hosanna, hosanna, (IV) hosanna,
hosanna, hosanna.
68
Lied 1732 Sanctus, sanctus, sanctus, sanctus,
sanctus, sanctus. Hosanna, hosanna,
hosanna, hosanna, hosanna, hosanna..
69
Lied 174 1
Heilig, heilig, heilig, Here,  Heilig, heilig,
heilig, Here, God van mag. U vul heel die aarde
met u heerlikheid.
70
Lied 1741 (vervolg) Hosanna, Seun van
Dawid, geseënd is Hy wat kom, wat kom in die Heer
se Naam, hosanna in die hoogste.
71
Lied 175
Majesteit, glansryke heerlikheid! Ons wil
Jesus, die koning, hulde bewys!
72
L 175 (vervolg) Majesteit, hemelse
heerlikheid! Van waar ons woon,tot by sy
troon, wil ons Hom prys. Kom ons loof, kom ons
besing die Naam van Jesus!
73
L 175 (vervolg) Kom ons loof, kom ons aanbid die
Here ons God! Majesteit, heilige heerlikheid! Hy
het gesterf, ons heil verwerf, Hy het oorwin!
74
Lied 176
Halleluja! U is Koning. Ons aanbid U in u
woning. U's die Alfa en Omega, daarom sing ons
Halleluja!
75
Lied 177
Jesus,gróót bo almal
sterke Verlosser, magtige
Heer en Heiland, Immanuel - God is met ons -
reddende Here, lewende Woord.
76
Lied 178
  • (A) Dona nobis
  • pacem,pacem,
  • dona nobis pacem.
  • Dona nobis pacem,dona nobis
  • pacem.
  • Dona nobis pacem,dona nobis
  • pacem.

77
Lied 179 1
(A) Vader in die
hemel, (B) U beheer
ons lewe, (C) ons
aanbid U. 2. (A) Jesus Christus, Redder, (B)
U beheer ons lewe, (C) ons aanbid U. 3. (A)
Heil'ge Gees, ons Trooster, (B) U beheer
ons lewe, (C) ons aanbid U.
78
Lied 180
Eer aan die Vader en die Seun
en die Heilige Gees, soos dit was aan die
begin,toe en so ook nou, en van ewigheid tot
ewigheid. Amen.
79
Lied 181
Gee ons ware vrede, Jesus Heer. Gee ons ware
vrede, Jesus Heer. Dona nobis pacem, Domine. Dona
nobis pacem, Domine.
80
Lied 182 1
Ons wil, o Heer, U loof en eer vir liefde en
genade. U swakke kind, deur skuld gebind, verlos
U van die kwade.
81
L 1822 Ons kniel en buig, aanbid en
juig, verlostes, hier vergader. Ons is verbly,
van skuld bevry, verbind aan U, ons Vader.
82
L 1823 Gelowig steun ons op u Seun, want ons
het niks verdien nie. Ons Heiland het, om ons te
red, nie eens die dood ontsien nie.
83
Lied 183 1
Verbly jul in die Here, die God van Israel. Sing
altyddeur sy ere, gehoorsaam sy bevel.
84
L 1831 (vervolg) Hy stel die see se
grense, laat die seisoene kom. Sy guns is oor die
mense o almal, buig voor Hom!
85
L 1832 Verbly jul in die Here, dié wat verlore
was. Hy het jul self versamel uit elke taal en
ras. Jul wat deur God gered is, kniel almal nou
voor Hom. Erken dat liefde wet is en roep "Die
Here kom!"
86
Lied 184a 1
Lofsing die Here, die Ewige, sing tot sy
ere! Lofsing die Koning, die Skepper, die Vader,
die Here!
87
L 184a1 (vervolg) Loof almal saam - groot is sy
heilige Naam! Loof Hom, die Heer van die here!
88
L 184a2 Lofsing die Here wat kunstig u liggaam
berei het, Hy is die sterke wat altyd nog by u
gebly het wat in gevaar, hoe groot, hoe
dreigend, hoe swaar, oor u sy vleuels gesprei het!
89
L 184a3 Lofsing die Here, dis Hy wat u kroon met
sy seën! Hy skenk die lewe, die wasdom, die
sonlig, die reën! O sterfling, weet Hy wat
Almagtige heet, het ons in liefde bejeën.
90
L 184a4 Lofsing die Here, ja, almal kom loof nou
die Here! Alles wat asem het, hier tot in tydlose
sfere! Hy is die Lig ons oog bly op Hom
gerig Hy is die Heer van die here!
91
184b1
Praise to the Lord, the Almighty, the King of
creation! O my soul, praise him, for he is thy
health and salvation
92
184b1 (cont.) all ye who hear, now to his
temple draw near, joining in glad adoration.
93
184b2 Praise to the Lord, who o'er all things so
wondrously reigneth, shieldeth thee gently from
harm, or when fainting sustaineth hast thou not
seen, how thy heart's wishes have been granted in
what he ordaineth?
94
184b3 Praise to the Lord, who doth prosper thy
work and defend thee surely his goodness and
mercy shall daily attend thee ponder anew what
the Almighty can do who with his love doth
befriend thee.
95
184b4 Praise to the Lord! O let all that is in
me adore him! All that hath life and breath come
now with praises before him! Let the Amen
sound from his people again gladly for aye we
adore him!
96
Lied 185
(A) Kom alle volke en loof nou die Heer (B)
jubel oor Hy jul regverdig regeer. (C) Loof Hom
volke, kom loof die Heer.
97
Lied 186 1
Ons kom loof U as ons Vader - ons, wat nou u
kinders is. Ons mag U in Christus nader, wat ons
voorspraak by U is.
98
L 1861 (vervolg) Juis vir ons, deur skuld
gebonde en bedorwe van natuur, is u Seun as borg
gestuur. Vrygespreek van al ons sonde, kan niks
ons van U meer skei - in u liefde sal ons bly!
99
L 1862 As ons selfs ons aardse vader innig
liefhet en waardeer, hoeveel meer, o
Hemelvader, moet ons U nie dien en eer? Ons wil
dankbaar tot U nader -
100
L 1862 (vervolg) U so groot in
majesteit, liefde en geregtigheid. Dat ons U mag
ken as Vader en ons self aan U mag wy - dit maak
ons vir ewig bly!
101
Lied 187
(A) Loof, loof die Here, (B)
bring Hom dank en ere! (C) Loof Hom, loof
Hom, loof (D) Hom, die Heer.
102
Lied 188a 1
Kom, dank nou almal God met hart en mond en
hande loof Hom wat wonders doen tot in die
verste lande.
103
L 188a1 (vervolg) Van vroeg, van kindsbeen
af, het Hy ons trou bewaar en tot vandag toe
nog geseën en gespaar.
104
L 188a2 O God, so ryk en goed, gee ons solank
ons lewe altyd 'n blye hart as dit u wil is
vrede. Laat u genade ons beveilig teen gevaar, in
donker ure ons van struikeling bewaar.
105
L 188a3 Lof, eer sing ons voor God, die bron van
alle lewe - die Vader, Seun en Gees, almagtig en
verhewe. Drie-enig God, ons roem u krag en
majesteit. O Heer, ons wil U noem ons God in
ewigheid!
106
188b 1
Now thank we all our God with heart and hands and
voices, who wondrous things hath done, in whom
this world rejoices
107
188b1 (cont.) who, from our mothers'
arms hath bless'd us on our way with countless
gifts of love, and still is ours today.
108
188b2 O may this bounteous God through all our
life be near us, with ever joyful hearts and
blessed peace to cheer us and keep us in his
grace, and guide us when perplexed, and free us
from all ills in this world and the next.
109
188b3 All praise and thanks to God the Father
now be given, the Son, and him who reigns with
them in highest heaven, the one eternal God, whom
heav'n and earth adore for thus it was, is
now, and shall be ever more.
110
Lied 189
Halleluja! Halleluja! Halleluja!
111
Lied 190a 1
Grote God, aan U die
eer! Heerlik is waar U
regeer hemels is u majesteit heilig u
geregtigheid. U wat alles onderhou, U is
ewig en getrou.
112
L 190a2 In genade, groot en ryk, bou U, Heer, u
koninkryk. Voordat ek kon kies, kon vra, het u
Seun my vloek gedra. Ek kon vind U't my
gekry voor ek nog my skuld bely.
113
L 190a3 U, oor alles God en Hoof, open oë van
geloof dat ons sien, geen goed of kwaad word aan
toeval oorgelaat Bokant ons begrip,
verstand, hou U al wat is in stand.
114
190b 1
Holy God,
we praise your name Lord of
all, we bow before you. Saints on earth your rule
acclaim all in heaven above adore you. Infinite
your vast domain everlasting is your reign.
115
190b2 Hark, the glad celestial hymn angel
choirs above are raising cherubim and
seraphim, in unceasing chorus praising, fill the
heavens with sweet accord "Holy, holy, holy
Lord!"
116
190b3 Lo, the apostolic train joins your sacred
name to hallow prophets swell the glad
refrain, and the white-robed martyrs follow and
from morn to set of sun, through the church your
song goes on.
117
190b4 Holy Father, holy Son, Holy Spirit, three
we name you, though in essence only
one undivided God, we claim you, and, adoring
bend the knee while we own the mystery.
118
Lied 191 1
Grote God, ons bring U
eer, ons aanbid U, Koning,
Heer. U kom toe die lof alom - U wat was,
wat is, wat kom. Voor U buig die skepping
neer - U wat ewig sal regeer.
119
L 1912 Om u troon bring eng'le eer "Heilig,
heilig, heilig, Heer". Hier op aarde word 'n
lied deur die eeue aangebied Die getuies van u
Naam, jubel in hul lofsang saam.
120
L 1913 Vader, ewig, goed en groot, hoor ons lof
uit elke oord. Seun van God in ewigheid, ons is
tot u diens bereid. Heil'ge Gees, Vertrooster,
Heer, ons, u kerk, wil U steeds eer.
121
Lied 192 1
Grote God, u skepperhand
word verheerlik deur u werke
son én sterre, see en land,
prys U, Ewige en Sterkte, U wat is, U was
altyd, U sal wees in ewigheid.
122
L 1922 Heiliges daar voor u troon sing voor U
vol vreug en vrede. Ons in wie u Gees reeds
woon, wy aan U ons dankgebede. Eng'le, mense,
almal saam, Heer, aanbid en roem u Naam.
123
L 1923 Sien u volk in liefde aan laat ons nie
ons stryd verloor nie help ons Satansmag
weerstaan - laat sy lis ons nie bekoor nie. U,
van alles, heer, die bron, laat die nuwe aarde
kom!
124
Lied 193 1
Bring lof en dank, gee God die eer, o volke,
almal saam! Sing Heilig! Heilig! Heilig
Heer! Hoogheilig is sy Naam!
125
L 1932 U is lankmoedig, het geduld. U deel die
boodskap mee U delg ons sonde en ons skuld, U
werp dit in die see.
126
L 1933 Gee vrede, Heer, waak oor u kerk met
vaderlike hand. Maak ons voorspoedig in ons
werk en seën u volk en land.
127
L 1934 Wanneer ons kragte eendag swig, sal U
ons hande hou. Dan sal ons, Heer, u aangesig, u
heerlikheid aanskou.
128
Lied 194 1
Ons bring aan U
die lof en ere, ons prys
u grote Naam, o Here, vir al die goedheid uit
u hand. Ons dank U vir ons hele lewe
waarin U ons met guns omgewe, met liefde ver
bo ons verstand.
129
L 1942 Ons bring aan U die lof en ere, ons prys
u grote Naam, o Here, dat ons mag deel hê aan u
Ryk. Dit is ons hoogste doel en strewe om U te
eer ons hele lewe - maak ons aan Jesus meer gelyk.
130
L 1943 Ons bring aan U die lof en ere, ons prys
u grote Naam, o Here, U wat oor alles
triomfeer. U vul ons hart met lofgesange, u Gees
skenk ons 'n sterk verlange na volle vreugde by
U, Heer.
131
Lied 195 1
U, o God, wat ewig op die troon is, aan U al die
lof en eer. Voor U, wat met majesteit gekroon
is, buig ons in aanbidding neer.
132
L 1951 (vervolg) U is Heer, U heers oor alle
magte, U regeer oor duisende geslagte. U kom toe
die heerlikheid tot in alle ewigheid.
133
L 1952 Christus, voor U kniel die hele
aarde, want die hemel buig hul neer. U, die Lam,
is alle eerbied waardig U kom toe die dank en
eer. Deur u offer waarborg U die lewe deur u
bloed word al ons skuld vergewe. Ons sal aan U
eer bewys - U vir ewig loof en prys.
134
Lied 196 1
O kon ek jubel,
Hemelvader, met duisend stemme,
tot u eer hoe sou ek juigend tot U
nader en U my danklied bring, o Heer!
Ek sou u roem en lof vermeld, u wonderdade,
ongeteld!
135
L 1962 O kon ek U besing na waarde tot waar die
son sy baan beskryf en sterre, ver bokant die
aarde, geruisloos meld u heerlikheid! O kon ek
tog die lof besing wat ek so graag aan U wil
bring!
136
L 1963 Laat alles wat op aarde lewe, die berge,
bosse, see en meer, my onvolkome lof en bede in
stilte aanvul, tot u eer! Saam sal ons oor u
goedheid juig aan U ons dankbaarheid betuig.
137
L 1964 My swakke dank- en smeekgebede wil dit
genadig, Heer, aanvaar. Eens neem ek, swerwer in
die hede, my plek in by die eng'leskaar. Dan
jubel ek, verlos, o Heer, met duisend stemme tot
u eer!
138
Lied 197 1
Wonderbare Koning, Heerser oor u skepping, ons
bring U ons lofgesange. Deur u goedheid, Vader,
139
L 1971 (vervolg) kan ons tot U nader - U's ons
diepste hartsverlange. Laat die lied wat ons
bied, opstyg na u woning, wonderbare Koning!
140
L 1972 Loof Hom, hemelboë! Loof Hom, berge en
dale! Daar's geen einde aan sy werke. Loof, my
siel, die Here! Bring Hom dank en ere!
141
L 1972 (vervolg) Hy is die onmeetlik'
sterke. Hef omhoog hart en oog! Wie kan ooit op
aarde, Heer, U prys na waarde?
142
Lied 198 1
God is my lied, sy almag ken geen perke Heer is
sy Naam, volmaak sy skeppingswerke die groot
heelal is sy gebied.
143
L 1982 Niks is van my, dis alles u genade ek
sien u goedheid oral, troue Vader, u lof sal op
my lippe bly.
144
L 1983 Waar God gebied, sal ons geen onheil
vrees nie, want niemand kan soos Hy 'n redder
wees nie - aan Hom my lof, aan Hom my lied.
145
Lied 199 1
Loof die Here uit die
hemel, loof Hom deur wie ons bestaan
loof Hom eng'le, hemelwesens, loof Hom son en
prys Hom maan. Kom en loof Hom, kom en prys
Hom, kom en loof die Heer se Naam!
146
L 1992 Loof die Here alle volke, loof Hom
alles wat bestaan loof Hom weerlig, sneeu en
wolke, loof Hom meer en oseaan.   Kom en
loof Hom, kom en prys Hom, kom en loof die
Heer se Naam!
147
L 1993 Loof Hom konings, alle vorste, almal
wat op aard' regeer loof Hom kinders, mans en
vroue, loof Hom almal, buig jul neer.  
Kom en loof Hom, kom en prys Hom, Roem sy
Naam, kom loof die Heer!
Write a Comment
User Comments (0)
About PowerShow.com