Die%20w - PowerPoint PPT Presentation

About This Presentation
Title:

Die%20w

Description:

Oorsese mense en plekke is meer bereikbaar te danke aan tegnologie. Ironie: die w reld is eintlik nou groter omdat ons meer plekke kan verken! – PowerPoint PPT presentation

Number of Views:196
Avg rating:3.0/5.0
Slides: 12
Provided by: Maria1244
Category:
Tags: 20w | die

less

Transcript and Presenter's Notes

Title: Die%20w


1
Die wêreld het so klein geword
  • - Alta Marincowitz -

Mej. Mariaan Muller Kingswood College
2
Tema
  • Die manier waarop ons kennis opdoen verskil
    drasties van vorige generasies.
  • Die ontwikkeling van tegnologie telegram
    telefoon selfoon slimfoon
  • Generasiegapings i.t.v. hoe ons die wêreld sien
    en wat ons doen om te ontspan.
  • Die toeganklikheid van informasie deur middel van
    die Internet.
  • Oorsese mense en plekke is meer bereikbaar te
    danke aan tegnologie.
  • Ironie die wêreld is eintlik nou groter omdat
    ons meer plekke kan verken!

3
Titel Die wêreld het so klein geword
  • Die titel verwys na die gesegde wat insinieer dat
    die wêreld klein is Its a small world.
  • Mense en informasie word al hoe makliker
    verkrygbaar.
  • Die samelewing is meer noulik verbind as wat mens
    altyd besef.

4
Ironie van die titel
  • Die wêreld het eintlik groter geword omdat ons
    makliker oorsee kan reis en meer van die wêreld
    en sy mense kan uitvind.
  • Alhoewel die ouma in strofe 1 die oop vlaktes
    geniet het, was haar kennis meestal beperk tot
    dit waarmee sy direk in kontak was.
  • Selfs al bly die spreker in haar kamer (teenoor
    die groot oop vlaktes), kan sy meer beleef en
    groter vlaktes verken (explore).

5
Strofe 1
  • Die ouma se lewe was baie meer eenvoudig.
  • Ruimte ouma bly op die wye vlakte
  • Hulle kon hoofsaaklik boeke gebruik om
    inligting te verkry.
  • Tegnologie was vir alledaagse gebruik beperk tot
    die foun telefone.

6
Strofe 2
  • Ruimte die ma bly op n ruim erf
  • Haar generasie vind vermaak op die televisie
  • sy sit vasgenael voor die kassie
  • Die spreker se ma wil ook die wêreld verken
  • vol drome om eendag oor die wye wêreld te
    swerf
  • Tegnologie in haar leeftyd televisie en die
  • eerste selfone!

7
Strofe 3
Ek klik met n muis die wêreld tot in my huis,
die web is my werf en Gumtree my boom. Ek is
deel van n boek waar mense hul gesigte
gedeeltelik ontsluier en klankloos klets en
kuier. Ek kan kennis onmiddellik op aanvraag
verkry en met n ieder en elk in verbinding bly.
Die moontlikhede is duiselingwek- kend GROOT en
die wêreld het so klein geword dit pas in die
twaalf vierkante meter van my kamer in.
8
Strofe 3
  • Ruimte die spreker se kamer staan in kontras met
    die wye vlakte en die groot erf. Al is die
    spreker in die huis, kan sy die hele wêreld van
    daar af verken.
  • Tegnologie die internet (web) deur rekenaars
  • a) deel van n boek waar menseklets en
    kuier verwys na sosiale netwerke teenoor die
    outydse gesprekke oor die foun (strofe 1).
  • b) ek kan kennis onmiddelik op aanvraag
    verkry
  • Die internet het duiselingwekkende GROOT
    moontlikhede om vinnig informasie op te soek.

9
Rymskema Vorm
  • Die gedig bestaan uit 3 strofes
  • Daar is nie n vaste rymskema nie vrye vers
  • Strofe 1 4 versreëls
  • Strofe 2 7 versreëls
  • Strofe 3 13 versreëls
  • Vorm alhoewel die vorm van die laaste
    strofe die kleiner word van die wêreld
    ondersteun, wys die lengte van die versreëls dat
    die spreker se wêreld groter word. Strofe 3 begin
    met 11 woorde in die reël (soos n wye vlakte) en
    word afgeïndig met slegs 1 woord (soos die
    spreker se kamer).

10
Bindingstegnieke
  • Gewoonlik dra n gedig se rymskema daartoe by om
    die gedig te bind, maar in hierdie gedig word
    gebruik gemaak van
  • 1. assonansie in strofe 1
  • bv. boeke in hulle soeke
  • 2. alliterasie in strofe 2
  • bv. sy sit vasgenael voor die kassie
  • 3. alliterasie in strofe 3
  • bv. klankloos klets en kuier

11
  • 4. Beeldspraak
  • - metafoor in strofe 3
  • - die web is my werf en Gumtree my boom
  • - die spreker vergelyk haar ma en haar ouma
  • se speelplekke met haar eie
Write a Comment
User Comments (0)
About PowerShow.com